Etosha Logo
STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH
Tel +27 21 855 0395

OKAUKUEJO ETOSHA NASIONALE PARK NAMIBIA

Die oudste ruskamp in Etosha is nou 'n luukse safari oord

ANDER NAMIBIë LODGES MAAK BESPREKING EN PRYS ANDER ETOSHA LODGE
PRYS SLUIT ONTBYT IN EN GEEN KINDERS ONDER SES TOEGELAAT NIE.
Okaukuejo Main 

Halali-ruskamp in die Etosha Nasionale Park is vernoem na die Duitse woord vir die beuelklank wat die einde van ‘n jagtog aankondig, maar vandag is die soeke na die perfekte foto al wat hier gejag word.

Die kamp is halfpad tussen Namutoni en Okaukeujo Kampe geleë en lê aan die voet van ‘n dolomietheuwel, wat nogal tipies vir hierdie streek in Namibië is.

Terwyl Okaukeujo en Namutoni sentral watergate met spreiligte het, moet jy by Halali ‘n klein entjie stap tot by ‘n uitkykpunt waar jy die perfekte uitsig het op die diere wat kom drink. In die gebied om Halali is daar ook ‘n aantal watergate waar jy die diere kan kom dophou.

By Halali word akkommodasie in 2 selfsorg-gesinseenhede, 10 tweeslaapkamer chalets, 10 eenslaapkamer chalets, 40 dubbelkamers en 5 “premier bush chalets” verskaf.

Alle chalets en kamers het lugversorging, en is en suite en toegerus met ‘n yskas. Die gesinseenhede en twee slaapkamers, ‘n toegeruste kombuis, afsonderlike sitkamer en buite-braaigebied onder skaduwee. Die tweeslaapkamer chalets by Halali het elkeen ‘n oopplan sitkamer/kombuis en ‘n braaigebied, terwyl die eenslaapkamer chalets geen kosmaak- of braaigeriewe het nie.

Die chalets het almal glasskuifdeure, sodat jy die vrede en rustigheid van Namibië se ongerepte veld kan belewe selfs wanneer jy binnenshuis is. Die “premier bush chalets” spog elkeen met ‘n jacuzzi, privaat tuin, tee-/koffie-stasie en yskas.
 
Die sentrale gedeelte van die Halali-ruskamp huisves ‘n winkel (wat boeke, die nodigste kruideniersware en aandenkings verkoop), ‘n restaurant, kroeg en swembad. Die kamp bied staptogte aan vir diegene wat die Namibiese veld van naderby wil beleef. Alhoewel Etosha Nasionale Park eintlik daarop gerig is dat gaste self bestuur om wild te besigtig, bied Halali-ruskamp begeleide oggend-, middag- en nagritte aan.

Relaxing area at Etosha National park
Double storey luxury room at Oakauekeujo waterhole
 
his and her bath room at Okaukeujo Namibia
Twin room at Okaukeujo Nambia
Room at Oakaukeujo Eothsa Namibia
Twin room at Okaukeujo Namibia game viewing at Okaukeujo waterhole in Namibia